Hippo and Goose Familiefees 2017

Geagte Ouers

facebook_prifileHippo and Goose Familiefees 2017

Dit is met groot opgewondenheid dat ons aankondig dat ons jaarlikse Huttenpark Karnaval ʼn gedaanteverwisseling ondergaan. Ons het besluit om die geleentheid te skuif na die “Grey Goose Farm Lodge” en die geleentheid sal ook voortaan bekend staan as die “Hippo and Goose Familiefees”

 

Ons glo dat die skuif van die fees na ʼn groter plek, meer geleentheid tot uitbreiding en groter gemeenskapsbetrokkenheid teweeg sal bring.

 

Die Fees sal plaasvind op 21 Oktober 2017. Dit sal om 9:00 begin en aanhou tot 19:00.

 

Ons het ʼn besige verhoogprogram wat verskeie plaaslike kunstenaars insluit. Ons gaan die dag op ʼn hoogtepunt afsluit wanneer “Fatman” van “The Voice – South Africa” gaan optree.

 

Ons gaan weer ons tradisionele Vlooimark aanbied en dit ook uitbrei met interessante uitstallings gedurende die dag. Indien u sou belangstel in ʼn stalletjie om items te verkoop, produkte uit te stal of u maatskappy te bemark kan u gerus vir Mev. De Jager by die skool kontak.

 

Die leerders kan weer heeldag baljaar op die reuse “Inflatables”. Die koste hieraan verbonde is R100 en sluit ook gratis toegang in. Ons het hierdie jaar ʼn inisiatief geloods waar leerders die bedrag met behulp van ʼn vorm kan afbetaal by hulle klasonderwysers. Let wel dat daar meer wateraktiwiteite gaan wees, so pak ʼn stel droë klere in!

 

Aan die einde van die dag sal die leerders en avontuurlustige ouers deelneem aan ʼn “Colourfest” in die arena. Leerders kan hulle kleurpoeier teen R6 ʼn pakkie aankoop by hulle klasonderwyser. Dit sal by die lekkergoedstalletjie by die karnaval afgehaal kan word op die dag.

 

Ons propvol verhoogprogram sal ook vanuit ʼn biertent geniet kan word.

 

Vir ons fiksheid bewustes sal daar die oggend ʼn Bergfietsresies en ʼn “Trail Run” aangebied word.

 

Dan is daar natuurlik ook ons nou al bekende “Hippo Run” waar ʼn kontantprys van R10 000 weggegee word. Hierdie jaar sal elke leerder nie ʼn boekie ontvang nie, maar slegs een boekie per gesin. Ons vra dat alle gesinne asseblief hierdie projek sal ondersteun.

 

As gevolg van die kwaliteit van die kunstenaars is ons hierdie jaar genoodsaak om R30 toegang per persoon te vra.

 

Ons hoop dat ons soos in die verlede op ons ouers kan staatmaak om hierdie projek te ondersteun. Ons vra dat ouers sal help om die dag te bemark en inligting rakende die dag op hulle sosiale media platforms sal deel.

 

Huttie Groete

LM Gray

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *