Newsletters

Omsendbrief 8 van 2018

Beste Ouers

Omsendbrief 8 van 2018

  1. KASKARDAG BEDERF:

Ons wil werklik vir ons ouers baie dankie sê vir die ondersteuning tydens en voor die kaskardag.  Ten spyte van die winderige toestande was die dag ‘n groot sukses. Die inkomste op die vorms was ongeveer R 82 500, waarvoor ons baie dankbaar is. Die bou van die kaskarre se kostes was oor twee jaar versprei en ons het hierdie jaar die laaste R19 000 betaal, wat beteken dat ons met n wins van R 63 000 sit.  Aangesien ons nou ons eie kaskarre het sal die volle inkomste in die toekoms suiwer wins wees.

Om aan ons kinders erkenning te gee vir al hulle moeite met die fondsinsameling het ons belowe om hulle ‘n verkorte dag te gee as ons R80 000 bereik.  Die skool sal dus Vrydag 31 Augustus om 11:30 sluit.  Aangesien die reën nie toegelaat het dat ons die kleurfees kon doen nie, gaan dit 12:00 Vrydag plaasvind.  Leerlinge wie pakkies gekleurde poeier gekoop het moet onthou om dit Vrydag saam te bring skooltoe, met hulle oudste klere.  Vrydag sal ook ‘n civviedag wees.

  1. BYBELVASVRA:

Ons is besonder trots op ons Bybelvasvraspanne wat aangewys is as die KZN wenners van die Rapportryers se Nasionale Bybelvasvrakompetisie.  Ons het ses spanne ingeskryf waarvan ons die ses top posisies ingeneem het.  Drie van die spanne was dan ook in die top 40 in die land.

  1. BOKSTASSE:

Ek herinner u daaraan dan die leerlinge nie toegelaat word om bokstasse aan te skaf as skooltasse nie.  Die wat reeds die tasse het, is gemerk sodat ons presies weet wie het die tasse gehad voor die besluit geneem is.  Kom kyk gerus hoe sukkel die leerlinge om die tasse by die trappe op en af te dra.  Ek wil veral die graad 3 ouers daarop wys dat die groter Huttenpark rugsak in die HippoTique beskikbaar is, en dat u nie ‘n bokstas mag koop nie.

  1. AFLAAI VAN GOEDERE IN DIE KANTOOR:

Dit gebeur toenemend dat leerlinge hulle kosblikke, take, sweetpakke en derglike ander items by die huis vergeet.  Die gevolg is dat ouers die items by die voorste kantoor kom aflaai.  Dit is werklik besig om hand uit te ruk en ons sekretaresses moet voortdurend  kinders soek in klasse en op die speelgrond.  Ek wil u versoek om te verseker dat u kinders die verantwoordelikheid neem om hierdie items te onthou, en ons sal slegs in uitsonderlike gevalle leerlinge uit die klasse roep om vergete items te kom haal.

  1. DISSIPLINEBELEID:

Ek sluit ‘n uittreksel van ons dissiplinebeleid hierby in vir u kennisname. Ouers is dikwels onseker oor wanneer watter straf by watter oortreding van toepassing is.  U sal elke keer ’n sms ontvang as u kind ‘n oortreding begaan het.  Maak dus seker dat ons altyd u korrekte selfoonnommer het.  Die volledige Gedragskode vir Leerders sal op die skool se webwerf beskikbaar wees.  Verseker dat u kind bewus is van al die skoolreëls.

  1. LANDLOOP:

Ons atlete het oor die afgelope weke baie goed presteer met die verskeie landloopbyeenkomste.  Baie geluk aan Tristan Parkinson en Megan Redelinghuys wat deurgedring het na die volgende rondte.

  1. KRIEKET:

Baie geluk aan Cameron Manfron wat in die Noord Natal Krieketspan ingesluit is.

  1. 7’s RUGBY:

Hierdie vorm van rugby is vining besig om baie gewild te word, ook hier by die Hutties.  Ons seuns het aan twee toernooie deelgeneem.  In Vryheid het hulle vier uit die vyf wedstryde gewen en by Michaelhouse het ons al 5 wedstryde gewen met 212 vir ons en 17 teen ons.  Wel gedaan manne!

  1. KONSERT:

Die kinders is volstoom aan die oefen vir die konsert.  Hulle sal sommige aande ook gevra word om te kom oefen.  Verseker asseblief dat hulle ook hierdie oefeninge bywoon.

 

Sterkte vir die res van die kwartaal

Groete

 

 

JN GROBLER

SKOOLHOOF

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *