OMSENDBRIEF 11 VAN 2018

2018-11-22

 

Beste Ouers

 

OMSENDBRIEF 11 VAN 2018

 

  1. SKOOLFONDS 2019:

Skoolfonds vir graad 1 tot 7 vir 2019 is as volg: R 12 350 per jaar.

Gelde is betaalbaar oor 10 maande x R 1235 per maand vanaf einde Januarie tot einde Oktober voor die 7e dag van die volgende maand.

  1. NASORGFOOIE 2019:

Tot 15:00 – R 21 per dag of R 210 vir ‘n 10 dag koepon.

Tot 17:00 – R 25 per dag of R 250 vir ‘n 10 dag koepon.

Dagfooi: R40 per geleentheid.

  1. SKOOLFONDS 2018:

Dankie vir die positiewe wyse waarop u die 2018 rekening hanteer het.

Die laaste paaiement was betaalbaar voor of op 7 November. Ouers wat op 30 November steeds agterstallig is, en nie by hul rëelings gehou het nie, sal op 3 Desember oorhandig word aan ons skuldinvorderaars.  Hierdie sal onnodige kostes vir u beteken en ek wil ‘n versoek op u doen om te verseker dat u op datum is.

  1. BUSDIENS:

Weens die hoë kostes wat met die busdiens gepaard gaan is ons genoodsaak om die daaglikse diens na en van die skool te staak.  Daar sal van 9 Januarie geen roetes gery word nie. Ons is jammer van enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word.

  1. HIPPOTIQUE:

Ons is steeds besig met die uitfasseer van die ou wapen op die skoolklere.  Ons sal steeds die klere met die ou wapen verkoop tot al die voorraad uitverkoop is.  Slegs in gevalle waar sekere groottes reeds uitverkoop is sal nuwe voorraad met die nuwe wapen beskikbaar wees.  Indien u ‘n “ou” skoolrok met die nuwe wapen wil koop is daar ‘n koste van R35 om die ou wapen te vervang met die nuwe.

  1. TERREINBESTUURDER BY HUTTENPARK KLEUTERSENTRUM:

‘n Vakature bestaan by ons Kleutersentrum vir ‘n handige, praktiese en vaardige persoon om die dag tot dag onderhoud by die skool te hanteer. Ons is op soek na iemand wat die herstelwerk aan meubels, toerusting en geboue kan hanteer.  Iemand met elektriese, skrynwerk en-of loodgietervaardighede sal ‘n voordeel wees.  ‘n Salaris van ongeveer

R 7 000 per maand, met ‘n 13e tjek sal betaalbaar wees. Werksure is 07:00 tot 15:00.

 

 

 

 

 

  1. WIELETJIESTASSE:

Ek bring weereens die beleid oor die wieletjiestasse onder u aandag.  Alle graad 1-3 leerlinge moet die voorgeskrewe Huttenpark skoolsak gebruik wat by die HippoTique beskikbaar is.

Leerlinge in graad 5-7 wat vroeër hierdie jaar ‘n plakker op hulle tasse ontvang het mag van die wieletjiestas gebruik maak.

Geen graad 4 leerling mag ‘n wieletjiestas gebruik nie en slegs die nuwe Totemsak of goedkoper skoolrugsak wat beide by die HippoTique beskikbaar is.

Alle ander leerlinge maak van die skool se amptelike skoolsak gebruik.

  1. D6 CONNECT EN DIE OU D6

Ons sal vanaf Januarie 2019 nie meer van D6 gebruik maak nie.  Die nuwe APP staan bekend as D6Connect en moet van nuuts af gelaai word.  Sien die ingeslote pamflet vir meer besonderhede.

 

Die einde van die jaar gaan gepaard met dankbaarheid oor die jaar wat verby is en opgewondenheid oor die jaar wat voorlê.

Aan ons graad 7 leerlinge wat hulle skoolloopbane by verskillende hoërskole gaan voortsit weet ons dat hulle sal voortbou op die fondamente en waardes wat by Huttenpark gelê is.  Dankie vir julle bydrae aan ons skool.  Ons hou julle vordering met belangstelling dop.

Alle voorspoed aan die Hutties van Gr 1-6 wat nie volgende jaar terugkeer na ons skool toe nie.  Sterkte in die nuwe omgewing en nuwe skool.

Namens die personeel wil ek graag aan almal ‘n geseënde Christusfees saam met u familie toewens.

Geniet ‘n welverdiende vakansie.

 

Skole heropen op Woensdag 9 Januarie om 07:30.

 

Groete

 

 

 

 

JN GROBLER

SKOOLHOOF

 

 

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply