Newsflash

Huttenpark Aflaai-sone

Geagte Ouers

Leerder veiligheid is altyd ‘n prioriteit by Huttenpark en daarmee in gedagte het ons verskeie rolspelers genader om te help met die verkeer en parkering kwessies by die skool. Ons wil graag die ouers van die volgende reëls en versoeke in hierdie verband inlig:

Die “Aflaai sone” (Drop-off zone)

Ons het ‘n aflaai sone geskep waar ouers kan stop en leerders afgelaai kan word.

Hierdie sone is tussen die klein admin hekkie en die senior hek. Hierdie sone is aktief in die oggende (6:30-7:30) en in die middae (13:15 – 14:30). Ons vra dat ouers in hierdie tye nie sal parkeer in die parkerings nie. Ouers moet parallel met die straat, tussen die geel lyne stop en leerders moet dan uitklim of opgetel word.

Neem kennis van die volgende wanneer u gebruik maak van die aflaai sones:

  1. Leerders moet asseblief aan die linkerkant van die voertuig uitklim. Dit sal verseker dat hulle nie voor ‘n ander voertuig inloop nie.
  2. Hou alle sakke met hulle in die voertuig of verseker dat hulle, hulle sakke op hul eie uit die bagasiebak kan neem. U moet asseblief nie uit die voertuig klim nie.
  3. Parkeer asseblief so hoog op as moontlik in die aflaai sone. Ons wil graag alle voertuie van agter af volmaak.
  4. Dieselfde reëls geld wanneer u leerders optel. Hulle kan wag teen die muur (agter die geel lyn) en so gou as moontlik in die voertuig klim.
  5. Die aflaai sones is duidelik gemerk.
  6. Dit is dalk ‘n goeie idee as jy kan “oefen” met jou kinders laat in die middae of oor ‘n naweek.
  7. Leerders wat aan die oorkant van die pad afgelaai word moet asseblief die pad by die voetoorgang met behulp van Mev. Fourie kruis.
  8. Ouers wat hulle kinders na binne die skoolterrein vergesel neem parkering vir ʼn lang tyd op en ons vra dat u dit asseblief tot uitsonderings beperk.

Wag sones

Daar is 2 wag sones waar leerders kan wag vir hul vervoer.

  1. By die Junior fase hek: Leerders kan wag in die afgebakende gebiede. Die wag is in hierdie area wees vanaf 14:30. Alle leerders wat steeds by die skool is na hierdie tyd moet na hierdie area beweeg.
  2. Die “Huttie Safe-sone.” Leerders kan hier wag in die middag. Leerders wat wag in hierdie gebied moet opgetel word met behulp van die “Aflaai-sone”.

Ry

Verseker dat jy hou by die spoedgrens en alle reëls gehoorsaam. Tans ‘n groot probleem is die ouers maak ‘n u-draai in Rietbok laan. Let asseblief daarop dat dit beboetbaar is met R2000.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *