Newsflash

Solidariteit Helpende Hand teenboelieveldtog

Solidariteit Helpende Hand is besig met ‘n in samewerking met Afriforum in Newcastle. Op 1Maart  2019, besoek Leandie Brӓsler, ‘n kenner op die gebied, ons skool deur die loop van die oggend om die kinders toe te spreek en ‘n program daaroor aan te bied. Daarmee saam is daar ook ‘n gala geleentheid die aand, Vrydag 1 Maart 18:45 vir 19:00 by Ferrum Hoërskool waar sy as gassspreker gaan optree. Hannes Noëth, Uitvoerende Direkteur  van Solidariteit Helpende Hand gaan die verhoog met haar deel, en vermaak word deur Rocco de Villiers verskaf.

Daar is ‘n aantal kaartjies (4 tafels @ 10 persone per tafel) by Huttenpark beskikbaar @ R150.00 per persoon. Dit belowe om ‘n baie insiggewende aand te wees, en aangesien dit die tyd is waarin ons lewe en boelie so dikwels in skole voorkom, sal dit goed wees as u as ouers  die aand sal kan bywoon.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *