Newsflash

D6 Connect

Geagte Ouer

Goeie kommunikasie met u as ouer van Huttenpark is vir ons ‘n prioriteit. Daarom het ons skool besluit om voortaan ook die d6 Connect toepassing te gebruik om met u te kommunikeer. Ons gaan ook nie meer die D6 Communicator gebruik nie. (Dit sal aan die einde van Junie ophou werk).

Een van die grootste voordele wat dit inhou, is dat dit gratis is en direk geïntegreer is met ons skool se administratiewe stelsel. Hierdie toepassing maak dit net soveel eenvoudiger, vir beide ons as skool en vir u as ouer, om met mekaar te kan kommunikeer. Die skool sal in die toekoms ook nie meer sms’e uitstuur nie, maar net die platform gebruik om noodboodskappe aan u te stuur.

U kan gerus wees dat slegs persone wat op ons administrasie stelsel as ouers van die kinders geskep is, toegang tot hierdie inligting kan bekom. Die toepassing het ook ‘n skerm waar u die name kan sien van alle persone wat u kinders se inligting kan besigtig (byvoorbeeld ‘n au pair, oupa of ouma en ander familielede). Hierdie persone se toegang word deur u as ouer beheer en toegang kan enige tyd gestaak word.

U kan ook addisionele inligting van u kind sien bv Punte, Afwesighede, Finansiële inligting ens.

U kan die toepassing aflaai deur die volgende skakels te gebruik
Android: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.limitlessvirtual.principalplus
Apple: https://itunes.apple.com/za/app/principal-talk/id1133074303?mt=8

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *