OMSENDBRIEF 5 VAN 2019

2019-11-19

Beste Ouers

OMSENDBRIEF 5 VAN 2019

  1. SKOOLFONDS 2020:

Skoolfonds vir graad 1 tot 7 vir 2020 is as volg: R 13 100 per jaar.

Gelde is betaalbaar oor 10 maande x R 1310 per maand vanaf einde Januarie tot einde Oktober voor die 7e dag van die volgende maand.

  1. NASORGFOOIE 2020:

Tot 15:00 – R 22 per dag of R 220 vir ‘n 10 dag koepon.

Tot 17:00 – R 26.50 per dag of R 265 vir ‘n 10 dag koepon.

Dagfooi: R50 per geleentheid.

  1. SKOOLFONDS 2019:

Dankie vir die positiewe wyse waarop u die 2019 rekening hanteer het.

Die laaste paaiement was betaalbaar voor of op 7 November. Ouers wat op 30 November steeds agterstallig is, en nie by hul rëelings gehou het nie, sal op 3 Desember oorhandig word aan ons skuldinvorderaars.  Hierdie sal onnodige kostes vir u beteken en ek wil ‘n versoek op u doen om te verseker dat u op datum is.

4. HIPPOTIQUE: Aangeheg is die winkelure vir die einde van die jaar asook die begin van volgende jaar. Moenie wag tot op die laaste oomblik om klere te koop nie aangesien dit dan baie besig raak en ‘n lang wagtyd tot gevolg het.

5. TERREINBESTUURDER BY HUTTENPARK KLEUTERSENTRUM:

‘n Vakature bestaan by ons Kleutersentrum vir ‘n handige, praktiese en vaardige persoon om die dag tot dag onderhoud by die skool te hanteer. Ons is op soek na iemand wat die herstelwerk aan meubels, toerusting en geboue kan hanteer.  Iemand met elektriese, skrynwerk en-of loodgietervaardighede sal ‘n voordeel wees.  ‘n Salaris van ongeveer

R 7 000 per maand, met ‘n 13e tjek sal betaalbaar wees. Werksure is 07:00 tot 16:00.  Epos u CV aan ngrobler@huttenpark.co.za of handig dit by die kantoor in voor die skole sluit.

6. WIELETJIESTASSE:

Ek bring weereens die beleid oor die wieletjiestasse onder u aandag.  Alle graad 1-3 leerlinge moet die voorgeskrewe Huttenpark skoolsak gebruik wat by die HippoTique beskikbaar is.

Leerlinge in graad 5-7 wat ‘n plakker op hulle tasse ontvang het mag van die wieletjiestas gebruik maak.

Geen graad 4 leerling mag ‘n wieletjiestas gebruik nie, slegs die nuwe Totemsak (R 1330) of goedkoper skoolrugsak wat beide by die HippoTique beskikbaar is moet gebruik word.

Alle ander leerlinge maak van die skool se amptelike skoolsak gebruik.

7. SKOOL SLUITING EN BELANGRIKE DATUMS:

Neem asseblief kennis van die volgende geleenthede wat by die skool plaasvind.  Verseker asseblief dat u kind/ers kennis neem hiervan en by die skool is vir die geleentheid:

 

19 November Prefekte vertrek op kamp tot 22 Nov.
20 November HP Kleutersentrum Gradeplegtigheid vir Gr R – skoolsaal
21 November Sunnybank Gr R Graduation – school hall
22 November Besoekersdag vir nuwe Graad 1’s van 2020.
25 November Drummies/ Tamboernooientjies oudisies tot 26 Nov.
  Gr 7 Afskeid
26 November Hokkieproewe vir o/12 en o/13 dogters.
27 November Gr 1-3 Erkenningsgeleentheid; 08:00, 09:30, 11:00.
  Sportprysuitdeling by The Pines 18:00
28 November Akademieseprysuitdeling by The Pines 18:00
29 November Drummies DVD Opname
  Sunnybank Konsert
4 Desember Skool sluit, afsluitingsbyeenkoms, rapporte word uitgedeel.
  Rapporte van leerlinge wat afwesig is kan tussen 10:00 en 11:00 in die kantoor afgehaal word.
5 Desember Rapporte van leerlinge wat afwesig is kan tussen 08:00 en 09:00 in die kantoor afgehaal word.
  Rapporte wat nie afgehaal word nie, sal volgende jaar in die kantoor beskikbaar wees.
6 Januarie Nasorg open
15 Januarie Skool heropen

Die einde van die jaar gaan gepaard met dankbaarheid oor die jaar wat verby is en opgewondenheid oor die jaar wat voorlê.

Aan ons graad 7 leerlinge wat hulle skoolloopbane by verskillende hoërskole gaan voortsit weet ons dat hulle sal voortbou op die fondamente en waardes wat by Huttenpark gelê is.  Dankie vir julle bydrae aan ons skool.  Ons hou julle vordering met belangstelling dop.

Alle voorspoed aan die Hutties van Gr 1-6 wat nie volgende jaar terugkeer na ons skool toe nie.  Sterkte in die nuwe omgewing en nuwe skool.

Namens die personeel wil ek graag aan almal ‘n geseënde Christusfees saam met u familie toewens.

Geniet ‘n welverdiende vakansie.

Skole heropen op Woensdag 15 Januarie om 07:30.

 

Groete

JN GROBLER

SKOOLHOOF

 

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply