BUITENGEWONE OMSENDBRIEF 2 VAN 2020: GRENDELTYDPERK

2020-04-25

 

Beste Ouers

 

BUITENGEWONE OMSENDBRIEF 2 VAN 2020: GRENDELTYDPERK

Neem asseblief kennis van die volgende sake:

  1. TERUG SKOOL TOE:aar bestaan nog geen sekerheid oor presies wanneer die skole gaan open nie. Ons sien met afwagting uit na die Minister van Basiese Onderwys se perskonferensie op Maandag 27 April om 11:00 of 14:00. (Verskillende berigte)
  1. MASKERS:

Dit gaan verpligtend wees vir alle leerlinge en personeel om maskers te dra.  Elkeen moet ten minste 2 maskers hê. Een in die was en een wat gedra word.

Ons is gelukkig dat ‘n maatskappy wat o.a. maskers vervaardig vir die skool 1000 maskers geskenk het vir leerlinge en 240 vir personeel.

Verder het ons reeds met 2 ander maatskappye gereël om vir die skool Hutties maskers te maak.  Die maskers kos die skool R20 elk.  Ek sluit ‘n voorbeeld hierby in.

Ons gaan dié maskers teen R10 elk verkoop sodat ons verseker elke kind kan een bekostig.  Indien daar ouers of organisasies is wat ons kan bystaan met hierdie uitgawe sal enige donasie waardeer word.  U kan ook bv. twee koop en een skenk.

  1. INFRAROOI TERMOMETERS:

Ons het verder 5 Infra-rooi termometers gekoop waarmee die leerlinge en die personeel  se

temperatuur daagliks, as hulle by die skoolperseel inkom, getoets sal word.

 

  1. SANITASIE VAN KLASKAMERS EN ANDER HOë FREKWENSIE AREAS:

Alle klaskamers, toilette, kantore en die snoepie sal gereeld gesaniteer word.  Ons het ook 25

liter sanitasiemiddel geskenk gekry en het reeds voor die skool gesluit het, ‘n bottel in elke

badkamer geplaas asook seep waarmee die hande gewas kan word.  Elke onderwyser sal ook ‘n

bottel sanitasiemiddel in hulle klas beskikbaar hê.

 

U gaan saam met ons handevat by die hantering van hierdie pandemie.  Ons sowel as u het die beste belang van ons kinders en ons personeel op die hart.  Ons gaan mekaar moet vertrou en moet saamwerk.  Ons sal Maandag na die Minister se perskonferensie weer vir u ‘n skrywe stuur van hoe Huttenpark die infasering sal hanteer.  Daar sal ook ‘n vraelys uitgestuur word wat u asseblief moet antwoord.

 

Indien u voorstelle het kommunikeer dit gerus met ons. My epos adres is ngrobler@huttenpark.co.za.  Mnr Gray s’n is: lmgray@huttenpark.co.za en die kantoor s’n is office@huttenpark.co.za.

 

Groete en sterkte

 

JN GROBLER

SKOOLHOOF

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply