OMSENDBRIEF 5 VAN 2020

Beste Ouers

OMSENDBRIEF 5 VAN 2020: SKOOLFONDS TE MIDDE VAN COVID-19

Graag verskaf ek die volgende inligting rakende die betaling van skoolfonds te midde van die Coronavirus Inperking van 21 dae:

  1. Skoolfonds is by ‘n Algemene Jaarvergadering deur die ouers vasgestel op R13 100 per jaar.

Ons maak die vergunning dat dit eenmalig, kwartaalliks of teen R1 310 per maand oor ‘n 10 maande tydperk betaal kan word.  Dit is wat nodig is om die skool, as geheel, te bedryf vir die jaar.

  1. Hier by Huttenpark is daar 71 personeel in diens wat insluit onderwysers, adminpersoneel, skoolmakers ens. Hiervan betaal die staatsdiens slegs 30, wat beteken die Beheerliggaam betaal 41 personeellede uit skoolfonds.
  2. Maandelikse bedryfskostes soos elektrisiteit, huur van kopieërmasjiene, salarisse en vele ander kostes bly onveranderd en moet ons steeds ons normale verpligtinge nakom.
  3. Ons is bewus daarvan dat die land se omstandighede in hierdie tyd moontlik u lewe omgekeer het, en dat u tevrede moet wees met ‘n verminderde salaris, u besigheid dalk gedwing word om tydelik te sluit, wat ‘n verlies aan inkomste te weeg bring en vele ander uitdagende omstandighede.
  4. Ons wil ‘n beroep op u doen, om waar moontlik, te hou by u maandelikse skoolfondsverpligtinge. Maak asseblief ‘n EFT na die volgende rekening: Nedbank; rekeningnommer 164 809 4295. Gebruik u familiekode soos op die laaste rekening aangedui word as verwysing.  Die finansiële beampte hou ons rekords deurentyd op datum.
  5. Indien u egter probleme met betaling voorsien het die FINKOM die vergunning gemaak dat ons vir u ‘n “betalingsvakansie” kan bewerkstellig vir die maande Maart tot Junie sodat ons vir u ‘n langer termyn kan gee om die skoolfonds af te betaal, of die balans by die laaste helfte van die jaar se skoolfonds te voeg.
  6. Stuur asseblief direk aan my ‘n versoek, per epos, om enige reëlings te tref indien u van die “betalingsvakansie” gebruik wil maak. Ek sal saam met ons tesourier, Mev. Elna Bierman, na u versoeke kyk en u so spoedig moontlik laat weet van die uitslag van u aansoek.  Sluit asseblief enige bewyse in om te bevestig dat u salaris verminder word, of dat u uit diens gestel is, saam met ‘n deeglike motivering van u situasie.
  7. Die eposadres is: requests@huttenpark.co.za
  8. Ouers wie reeds aansoek gedoen het vir vrystelling of gedeeltelike vrystelling van skoolfonds is nie hierby ingesluit nie. U sal eersdaags uitslag ontvang van dié spesifieke aansoeke.
  9. Ouers wie geen reëlings getref het nie sal steeds ‘n oproep, sms, WhattsApp of epos ontvang van ons debiteureklerk, Mev. Sharon Koen om u te herinner aan u betaling.
  10. Ons bevind onsself in unieke omstandighede en ons wil u sterkte toewens om die boeke te maak klop in hierdie tyd. Ons is saam in hierdie situasie en maak staat op u ondersteuning sodat ons almal anderkant kan uitkom sonder te veel skade.
  11. Sterkte met die kinders by die huis. Ons personeel probeer soveel moontlik werk aan u deur te stuur as wat moontlik is.  Help hulle asseblief sover moontlik daarmee.
  12. Daar is nog geen finaliteit oor die heropening van die skole nie en ons sal u op hoogte daarvan hou.

 

Bly glo en vertrou in God in hierdie onseker tye.

 

Baie sterkte en bly veilig

 

 

JN GROBLER

SKOOLHOOF

 

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply