Covid-19 SPESIALE NUUSBRIEF 3 VAN 2020

Beste Ouers

Covid-19 SPESIALE NUUSBRIEF 3 VAN 2020

PROTOKOL VIR GR 7 TERUG SKOOL TOE OP 1 JUNIE:

Dit is van uiterste belang dat alle ouers die hele dokument tot aan die einde lees.

BY DIE HUIS:

  1. Indien u kind enige simptome van die Coronavirus toon (soos hoë koors, droë hoes, kort asem, seer keel of lusteloosheid) moet hulle asseblief by die huis bly. Toets hulle gereeld vir simptome.
  2. Verseker dat u kind se masker daagliks skoon gewas is. (Skool sal 2 voorsien: 1 gratis en een teen R10)
  3. Ouers moet asseblief gereeld kinders bewus maak van basiese gesondheidsreëls: Hande is gewas en gesaniteer, moenie aan gesig vat nie, geen drukkies nie.
  4. Skooltas is gesaniteer
  5. Verseker wet wipes en klein botteltjie handsaniteerder is ingepak
  6. Leerling ontvang vooraf klaslys (via WhattsApp) met klasindeling. Registerklas word in twee klasse verdeel om getalle te beperk.
  7. Leerlinge dra skooluniform.
  8. Pak kospakkie.

BY DIE SKOOL:

  1. Hekke open vir leerlinge om 07:20 en sluit om 07:45. Hulle bly in u motor tot 07:20.
  2. Ouers laai kind af, maar ry nie voor kind getoets/ gescreen is nie.
  3. Leerlinge tree aan voor hek 5 (nasorghek)
  4. Staan op die kolle wat op die grond gemerk is.
  5. Kind se temperatuur word geneem deur HOD en aangeteken op ‘n klaslys deur die graadhoof. Hulle word die 5 basiese vrae gevra.  Daar sal ‘n plakkaat buite die hek op wees met die vrae, waarvan hulle hulself moet vergewis.  Indien kind ‘n hoë koors het of ander simptome toon gaan hy terug na sy ouer se motor/ of vervoer toe.
  6. ‘n Sanitasiebak met ‘n bleikmiddel sal by die hek wees waardeur die kinders moet loop.
  7. Kind beweeg direk na registerklas. Elke klas is voorsien van sanitasiemiddel, papierhandoeke, ‘n kiemwerende lugsproeimiddel en ‘n bleikmiddel.
  8. Kinders word ingewag deur registeronderwyser en leerlinge staan op kolle wat voor klas geverf is om sosiale afstand te handhaaf.
  9. Kinders wat deur die loop van die dag simptome toon, word na die isolasiekamer geneem en u sal gekontak word.
  10. Klasse se vensters is oopgemaak deur die onderwyser, banke, ligskakelaar en deurhandvatsel is gesaniteer.
  11. Kinders gaan klasse binne en word een een by ‘n bank geplaas.
  12. Kinders bly vir die dag in die klas. Onderwysers sal klasse wissel.
  13. Geen persoonlike items soos penne, potlode, uitveërs, skrifte of handboeke ens mag gedeel of uitgeruil word nie.
  14. Tydens pouse sal leerlinge eers in die klas sit en eet. Geen kos mag gedeel word nie.
  15. Verskillende areas is vir elke klas toegeken waar kinders rustig kan verkeer en steeds hulle sosiale afstand handhaaf.
  16. Geen balspeletjies of kontakspeletjies word toegelaat nie. Daar sal 2 personeellede by elke area diens doen.
  17. Na pouse beweeg leerlinge terug na hulle klasse deur heeltyd sosiale afstand te handhaaf.
  18. Banke en stoele sal 3 keer deur die loop van die dag gesaniteer word: 09:00, 11:00 en 13:00.
  19. Aan die einde van die dag sal leerlinge se uitkomtyd met 5 minute afgewissel word. Ouers moet asseblief stiptelik hul kinders afhaal.
  20. Geen buitemuurse aktiwiteite sal plaasvind nie.
  21. Maskers moet te alle tye gedra word.

BADKAMER ROETINE

  1. Indien kinders badkamer toe moet gaan sal hulle onderwyser hulle hande saniteer voor hulle die klas verlaat.
  2. Badkamer se buitedeur sal oop wees sodat kind nie aan die handvatsel raak nie.
  3. Toilette sal gemerk wees per graad.
  4. Die toilet moet na gebruik gespoel word. Leerlinge kan ‘n stukkie toiletpapier gebruik om die handvatsel te hanteer, asook die deurslot oop te maak en die papiertjie in die asdrom gooi.
  5. Toilette en wasbakke sal gereeld volgens regulasie skoongemaak word.
  6. Spesiale houers met skuimseep is in elke badkamer installeer.
  7. Hande word gewas met seep en drooggevee met ‘n papierhanddoekie wat in ‘n asdrom gegooi moet word.
  8. Terug by die klas word die kind se hande weer gesaniteer.
  9. Maskers word te alle tye gedra.
  • ‘n Anti-bakteriese sproeimiddel is ook in die badkamers aangebring om kieme af te weer en spuit outomaties elke 15 minute.

NA SKOOL:

  1. Die skoonmaakspan kom in en saniteer die hele klas asook die badkamers.
  2. Vensters word toegemaak.
  3. Kontrolevorm word ingevul om te bevestig dat klas en badkamers skoongemaak is.

AKADEMIESE PLAN:

  1. Die DvO het ons voorsien van ‘n gewysigde akademiese plan met verminderde inhoud.
  2. Hierdie plan is in vakverband, saam met die vakhoof verder verfyn om by ons skool se unieke omstandighede aan te pas.
  3. Elke klas sal in twee groepe verdeel word met nie meer as 17 leerlinge per klas nie. Die een groep sal by die vakonderwyser sit en die ander by ‘n bekwame toesigonderwyser.
  4. Die les sal via Zoom aangebied word en op die groot skerm in die klas langsaan vertoon word. Leerlinge kry steeds die kans om vrae te vra en onduidelikhede aan te dui.
  5. Met die volgende periode van dieselfde klas sal die onderwysers omruil sodat almal direkte kontaktyd met die vakonderwyser het.
  6. Die les sal ook deur leerlinge wat om mediese redes tuis bly afgelaai kan word. (Meer besonderhede sal volg)

LEERLINGE WAT TUIS BLY:

  1. Leerlinge wat ly aan chroniese siektes moet die skool onmiddellik in kennis stel sodat spesiale reëlings getref kan word.
  2. Enige leerling wat om watter rede ookal tuis bly, moet ‘n relëing tref met die spesifieke registeronderwyser. Hierdie reëling moet via WhattsApp gemaak word op of VOOR dag 1.
  3. Leerlinge wat weens mediese redes (asma, suikersiekte, hartprobleme ens. nie veilig by die skool gaan voel nie se ouers moet asseblief ‘n mediese sertifikaat met ‘n dekbrief aan die skool e-pos by office@huttenpark.co.za
  4. Leerlinge/ ouers kan die afgerolde aantekeninge by die skool kom haal indien reëlings vooraf per e-pos gemaak is. Die vakonderwyser sal u van hul e-posadres voorsien.

ANDER GRADE WAT NOG TUIS BLY:

  1. Die personeel sal by die skool besig wees om e-leer lesse voor te berei en aan leerders via e-pos, WhatsApp, Google Classroom of Zoom uit te stuur.
  2. U moet asseblief help dat die kinders hierdie werk doen.
  3. Daar is nog geen aanduiding van wanneer die ander grade infaseer sal word nie.

ALGEMEEN

  1. ‘n Covid-19 Bestuurskomitee asook ‘n Gesondheids-en veiligheidskomitee is op die been gebring om die vereiste maatreëls te implimenteer en te monitor.
  2. Die skool is deur ‘n buite instansie voor die terugkeer van die personeel professioneel gesaniteer. Dit sluit in die adminblok, die saal, die badkamers en alle klaskamers wat gebruik gaan word.
  3. Die snoepwinkel sal aanvanklik nie oop wees nie.
  4. Daar sal ‘n Wi-Fi Hotspot voor die skool wees indien ouers dokumentasie of lesse GRATIS wil aflaai. U kan in u motor bly en van die skool se internet gebruik maak.  Hierdie diens is met die vriendelike vergunning van Crazy Web. (Meer besonderhede volg)
  5. Leerlinge sal toegelaat word om gesigskerms (shields) te dra.
  6. Enige personeellid of leerling wat grieptipe simptome toon moet tuis bly en vir twee weke self- isoleer.
  7. Geen Covid-19 grappe mag gemaak word nie, en leerlinge mag nie grappendergewys op iemand nies nie.
  8. Alle ouers, besoekers en diensverskaffers mag nie die skool binnekom sonder dat hulle ‘n afspraak gemaak het en ‘n spesiale toegangsvorm ingevul het nie. Alle besoekers moet by die kantoor aanmeld en ‘n besoekerskaartjie kry.  Ook diegene wat die HippoTique besoek.
  9. ‘n Aanlyn aankoopstelsel sal in plek gestel word vir aankope by die HippoTique. Meer inligting sal later volg.
  10. Geen ouers word op die skoolgronde of hy die hekke toegelaat om vir hul kinders te wag nie. Ouers moet asseblief in hulle voertuie wag.

TUISONDERRIG

  1. Daar is drie opsies beskikbaar:

                1.1 Leerlinge wat tuis bly weens onderliggende mediese redes. (Sien punt 1.2 vir werkswyse)

                1.2 Ouers wat hulle kinders tuis hou as gevolg van hul vrese oor hulle kinders se welstand met die Covid-19 virus epidemie.

  • Hier sal die skool en personeel u kinders steeds ondersteun.
  • U bly steeds skoolfonds betaal.
  • Leerlinge sal werk by die skool ontvang via e-leer.
  • Aantekeninge kan by die skool afgehaal word.
  • U moet toesien dat die werk gedoen word en indien nodig teruggestuur word skool toe.
  • Assesserings sal steeds plaasvind.

Eksamen sal by die skool afgelê word.

 

1.3.    Ouers wat verkies om hulle kinders tuis te onderrig (Homeschooling):

  • Ouers wat besluit om hulle kinders tuis te onderrig moet die skool laat weet sodat hulle van ons sisteem afgehaal kan word. Hulle sal dus geen korrespondensie, leermateriaal, e-leer inligting van die skool ontvang nie.
  • Hierdie kinders moet by ‘n geakrediteerde tuisonderrigsentrum geregistreer word en bewys daarvan moet aan die skool gestuur word.
  • Alle kinders van 6 tot 16 jaar is volgens die SA Skolewet verplig om ‘n publieke skool, privaatskool of tuisskool by te woon.
  • Indien u, u kind uit Huttenpark haal sal u weer deur die hele proses van aansoek doen, moet gaan.
  1. Hou ons asseblief op hoogte van u kind se situasie.

 

Ons doel met al die regulasies is om te alle tye die veiligheid van u kind te verseker.  U ondersteuning is kritiek om ons doelstellings te kan bereik.

Onthou dat kinders afhanklik is van sosiale interaksie en ontwikkeling.  Dink twee keer voor u, u kind ontneem om weer deel van die skoolopset te word.  Hierdie belangrike keuse berus egter by u, en ons sal u besluit respekteer.

 

Ons sien baie daarna uit om ons eerste groep Maandag by die skool te verwelkom.  Van hierdie inligting van verander as ander grade uiteindelik bykom.

Groete

JN GROBLER

SKOOLHOOF

 

 

0 replies

Leave a Reply

Want to join the discussion?
Feel free to contribute!

Leave a Reply