2020-06-26
Beste Ouers
SPESIALE COVID-19 OMSENDBRIEF 6 VAN 2020: UITEINDELIK TERUG SKOOL TOE!
Met dié dat die Departement van Onderwys spesiale toestemming gegee het vir die versnelling van die terugkeer van alle leerlinge, gee ek graag die volgende reëlings deur:
- U moet onthou dat die beste manier vir onderrig steeds die direkte kontak tussen onderwyser en leerling is. Sosiale interaksie is ook vir kinders van uiters belang. Ek besef dat baie van u vrese het oor u kind se veiligheid en die moontlikheid dat hulle die virus kan opdoen. Ons, by Huttenpark, doen alles in ons vermoë om u kind se veiligheid te verseker en ek wil u aanmoedig om met ‘n geruste hart u kind terug skool toe te stuur.
- ORIëNTASIE DAE:
- Ons gaan die leerlinge geleidelik gewoond maak aan die nuwe opset by die skool en beplan daarom oriëntasie dae. Hierdie dae sal dit vir ons moontlik maak om die Covid-19 prosedures aan die leerlinge bekend te stel. Hulle sal vir eers net op die oriëntasie dag skool toe kom en dan op ‘n ander datum formeel en voltyds volgens ons plan.
- Om sosiale afstand te kan implimenteer en om die Departementele beleid te kan implimenteer dat ons op geen tydstip meer as 50% van die leerlinge by die skool mag hê nie sal klasse in kleiner groepe terugkom skool toe. Seuns sal in een groep wees en die dogters, van elke klas, in ‘n ander groep.
- Seuns en dogters sal in aparte sessies die oriëntasie bywoon:
Aflaaityd | Orientasietyd | Oplaaityd | |
Seuns | 07:30 – 08:00 | 08:00 – 10:00 | 10:05 |
Dogters | 10:45 – 11:00 | 11:00 – 13:00 | 13:05 |
Die klaskamers sal tussen 11:00 en 12:00 gesaniteer word.
- TERUGKEER SKOOL TOE:
3.1 Die leerlinge sal as volg terugkeer:
GRADE | DAG | ORIëNTASIE
DAG |
DATUM FORMEEL TERUG |
GR 3 en 6 | MAANDAG | 29 JUNIE | DOND 2 JULIE: SEUNS
VRY 3 JULIE: DOGTERS |
GR 2 en 5 | DINSDAG | 30 JUNIE | DOND 2 JULIE: SEUNS
VRY 3 JULIE: DOGTERS |
GR 1 en 4 | WOENSDAG | 1 JULIE | DOND 2 JULIE: SEUNS
VRY 3 JULIE: DOGTERS |
3.2 Die program vir die volgende twee weke vir Graad 1-6 sal as volg daar uitsien:
Week Een (2 Jul – 3 Jul) | Week Twee (6 Jul – 10 Jul) | ||
Do. – 2 Jul
Vr. – 3 Jul |
Seuns (Dag 7)
Dogters (Dag 8) |
Ma. – 06 Jul
Di. – 08 Jul Wo. – 9 Jul Do. – 10 Jul Vr. – 11 Jul |
Dogters (Dag 9)
Seuns (Dag 8) Dogters (Dag 10) Seuns (Dag 9) Seuns (Dag 10) |
3.3 Die program vir Graad 7 sal as volg daar uitsien:
Week Een (29 Jun -3 Jul) | Week Twee (6 Jul – 10 Jul) | ||
Ma 29 Jun
Di. 30 Jun Wo. 1 Jul Do. – 2 Jul Vr. – 3 Jul |
Dogters (Dag 6)
Seuns (Dag 6) Dogters (Dag 7) Seuns (Dag 7) Dogters (Dag 8) |
Ma. – 06 Jul
Di. – 08 Jul Wo. – 9 Jul Do. – 10 Jul Vr. – 11 Jul |
Dogters (Dag 9)
Seuns (Dag 8) Dogters (Dag 10) Seuns (Dag 9) Seuns (Dag 10) |
- HEKKE
- Elke graad sal by hulle eie hek die skoolgronde binnekom:
GRAAD | HEK |
1 | Klein hek by Hek 1, Junior ingang: Leerlinge stap deur tot by Juf Charters se klas |
2 | Klein hek by wagklas speelterrein: Leerlinge stap deur tot by nuwe hek by Juf Patterson se klas. |
3 | Klein hek langs hoofhek: Leerlinge stap deur tot onder die groot boom. |
4 | Klein hek by ingang 3: hek by ontvangs: Leerlinge stap by die trappe af en na regs. |
5 | Nasorghek Ingang 4: Leerlinge stap tot in parkeerarea. |
6 | Laaste hek in Rietboklaan by “skip”: Leerlinge stap af met die wal, oor die sementbruggie tot by die parkeerarea. |
7 | Hek 5 by pypsteel na swembad in Blesboklaan langs groot elektriese boks: Leerlinge stap deur die gangetjie tot by die klein hek by die swembad. |
- ANDER:
- Bestudeer asseblief die Protokoldokument wat hierby ingesluit is vir meer besonderhede. (gebruik die volgende skakel om die dokument te laai: PROTOKOL VIR ALLE LEERLINGE TERUG SKOOL TOE OP 29 JUN)
- Ouers met leerders in die Grondslagfase (Gr 1-3) lees asseblief mev. Vermaas se brief wat hierby ingesluit is. ( gebruik die volgende skakel om die dokument te laai: Grondslagfase Brief
Baie dankie vir u samewerking in hierdie verband.
Ons sien daarna uit om u kind weer hier by die Hutties te ontvang.
Groete
JN GROBLER
SKOOLHOOF
Leave a Reply
Want to join the discussion?Feel free to contribute!