Graad 4 -7 leerders word toegelaat om van Tablet rekenaars en digitale handboeke gebruik te maak as ʼn alternatief vir gedrukte handboeke. Ons wil graag klem lê op die feit dat dit nie verpligtend is nie en ons het ervaar dat van die leerder eerder gedrukte handboeke verkies bo die digitale weergawe.

Ons stel voor dat u van www.takealot.com gebruik maak vir die aankope van die handboeke. Ons het ervaar dat hulle sisteem baie doeltreffend en eenvoudig is . (Neem asseblief kennis dat kalahari.com nie meer bestaan nie)

Neem ook kennis dat alle handboeke wat by Huttenpark gebruik word nie noodwendig beskikbaar is in digitale formaat nie.

Verwys gerus na Huttenpark se webblad vir meer reëls en regulasies rakende die skool se Tablet beleid.

Hardeware:

Die tabletrekenaar sal moet voldoen aan die volgende minimum spesifikasie om te verseker dat die nodige programme effektief daarop werk.

  • Prosessor :         ʼn “duel core” 1Ghz of meer
  • Geheue :         16 GB of meer
  • Battery :         10 Ure
  • Operating system :         Android 4.1 / iOS 4.0
  • Skerm grootte :         Verkieslik 10.1 duim

Beskikbare boeke:

Nie alle handboeke is in digitale formaat beskikbaar nie en dit bly steeds die ouer se verantwoordelikheid om te verseker dat sy/ haar kind oor al die nodige handboeke beskik.

Ouers se verantwoordelikheid:

Elkeen van die rolspelers het verantwoordelikhede en dit is belangrik dat hierdie verantwoordelikhede nagekom word.

  • Ouers moet verseker dat die tablet aan die minimum vereistes voldoen.
  • Tablette mag nie internet toegang by die skool hê nie.
  • Tablette mag nie buite die klaskamers gebruik word nie.
  • Elke leerder se tablet moet duidelik gemerk wees.
  • Die aankoop en installasie van handboeke.
  • Verseker jou kind is in staat om die tablet te gebruik.

Leerder se verantwoordelikhede:

  • Skoolreëls rakende tablette na te kom.
  • Te verseker dat die tablet se battery vol gelaai is in die oggende.
  • Mag nie die kamera of ander opneemfasiliteit van tablet gebruik nie.
  • Verseker tablet word veilig gestoor.

Skool se verantwoordelikheid:

  • Voorsien ʼn opsie vir veilige plek om tablette te stoor.
  • Toesig oor tablet gebruik in die klas.

Dit bly steeds die skool se reg om ʼn leerder van die voorreg om ʼn tabletrekenaar te gebruik te ontneem, indien daar ʼn geval van misbruik of wangebruik is.