We are very proud of our school uniform. All of the school clothing is available at School Clothing Shop.

Hier is meer inligting rakende die skooldrag

SOMERSDRAG.

SEUNS

  • Skool kortbroek en skoolhemp
  • Skoolkouse en bruin leerskoene. (Graad 1-6 leerders mag kaalvoet skool toe kom. Graad 7 seuns moet egter skoolskoene dra)
  • Geen sportskoene (Tekkies) mag saam met die skoolklere gedra word nie.
  • Met uitstappies moet alle leerders skoene dra .

DOGTERS

  • Oranje skoolrok (Die skool “Hot-pants” mag onder die rok gedra word)
  • Kort skoolkouse en bruin leerskoene. (Graad 1-6 leerders mag kaalvoet skool toe kom. Graad 7 dogters moet egter skoolskoene dra)
  • Geen sportskoene (Tekkies) mag saam met die skoolklere gedra word nie

INDIEN DIT KOUD OF REËNERIG IS.

  • Leerders mag ʼn skooltrui dra saam met die skooldrag.
  • Op baie koue dae mag die vol sweetpak gedra word. Leerders mag egter nie die sweetpak dra sonder ʼn baadjie of slegs met ʼn trui nie. Hierdie is egter vir baie koue dae en indien leerders die sweetpakke dra op dae wat dit nie koud is nie sal hulle gevra word om dit uit te trek.
  • Op reëndae mag leerders ʼn reënjas dra. Hulle mag egter nie die reënjas in die klaskamer of saal dra nie. Die skool ondersoek tans ʼn “anorak” wat leerders kan gebruik op reëndae.
  • Seuns en dogters het twee keuses wanneer hulle die sweetpakke dra:

o   Seuns en dogters mag die seuns skoolhemp dra met die sweetpak. Hulle moet dan  hulle bruin leer skoolskoene dra.

o   Seuns en dogters mag die sporthemp dra saam met die sweetpak. Hulle moet dan sportskoene (Tekkies) dra.

  • Let wel dat die leerders dan die sweetpak vir die hele dag moet dra.
  • Leerders mag onder geen omstandigede kaalvoet wees in die sweetpak nie

 

Wintersdrag

 

SEUNS

  • Skool kortbroek en skoolhemp
  • Skoolkouse en bruin leerskoene. (Almal moet skoene dra in die winter)
  • Seuns het twee keuses wanneer hulle die sweetpakke dra:

o   Seuns mag die seuns skoolhemp dra met die sweetpak. Dan moet die leerders hulle bruin leer skoolskoene dra.

o   Seuns  mag die sporthemp dra saam met die sweetpak. Hulle moet dan sportskoene (Tekkies) dra.

  • Let wel  dat die leerders dan die sweetpak vir die hele dag moet dra.
  • Leerders mag onder geen omstandigede kaalvoet wees in die sweetpak nie

 

  • Geen sportskoene (Tekkies) mag saam met die skoolklere gedra word nie
  • Met uitstappies moet alle leerders skoene dra.

DOGTERS

  • Oranje skoolrok met of sonder skooltrui. (Die skool “Hot-pants” mag onder die rok gedra word)
  • Lang skoolkouse en bruin leerskoene. (Alle leerders moet skoolskoene dra)
  • Geen sportskoene (Tekkies) mag saam met die skoolklere gedra word nie
  • Dogters het twee keuses wanneer hulle die sweetpakke dra:

o   Dogters mag die seuns skoolhemp dra met die sweetpak. Hulle moet dan moet die leerders hulle bruin leer skoolskoene dra.

o   Dogters mag die sporthemp dra saam met die sweetpak. Hulle moet dan sportskoene (Tekkies) dra.

  • Let wel dat die leerders dan die sweetpak vir die hele dag moet dra.
  • Leerders mag om geen omstandigede kaalvoet wees in die sweetpak nie

 

LET OP DIE VOLGENDE

Geen ander klere mag onder die skoolklere uitsteek nie. Dit sluit die volgende in:

  • T-hemde wat onder die kraag en moue uitsteek
  • Dogters wat ander broeke onder die rokke dra
  • Ander baadjies en truie onder die sweetpakke.