Beste Ouers
OMSENDBRIEF 10 VAN 2018
- SKOOLTYE TYDENS EKSAMEN: Die skool sal vanaf Dinsdag 6 November om 13:00 sluit vir leerlinge. Leerlinge sal die ekstra tyd tot hul beskikking kan gebruik ter voorbereiding vir die volgende dag se eksamen.
- STUDIETYD: Vir ouers wat nie die geleentheid kan benut nie, sal daar steeds studietyd vir leerlinge by die skool aangebied word tot 14:00 daagliks en die nasorg sal soos normaal voortgaan. Dit sluit in die dae wanneer leerlinge geen vak skryf nie. Daar sal te alle tye toesig vir leerlinge wees.
- KAMPE: Kampe vir die graad 1 tot 3 leerlinge vind plaas vanaf Don 8 Nov. Ons glo dat hulle elke oomblik sal geniet.
- MIKE BOLHUIS: Hierdie bekende privaat speurder besoek Huttenpark op 22 Februarie 2019 as gasspreker by ‘n spesiale aandfunksie. Kontak gerus vir Monica by 084 980 4351 as u ‘n tafel wil bespreek.
- EKSAMEN: Baie sterkte aan al ons leerlinge wat eksamen skryf. Ons vertrou elkeen sal hul bes probeer, logies dink en kalm bly.
Groete
JN GROBLER
SKOOLHOOF
Leave a Reply
Want to join the discussion?Feel free to contribute!